Monday, November 24, 2008

Wil net se.....ek is beindruk!

Ek is besonder beindruk met my meisie skoolmaats se keuse van lewensmaats. Tish en Brenda het met Van Wyks afgehaak.

Well Done!!
Sewis van Wyk

Kontakbesonderhede en Nuus: Miem Coetser


Hi Julle.

Ek is so bly dat Sewis ons almal op hoogte hou. Ek het altwee ons vorige reunies bygewoon. Hoop ons het weer een in 2011. Hier is so bietjie nuus om julle so bietjie op hoogte bring van my doen en late.

My dogter Julie het die afgelope 5 jaar die wêreld vol gerits saam haar man Neil. Hulle woon tans op die Cayman eilande. ( moet kort kort 'n herricane trotseer), maar hulle geniet dit baie om daar te woon. My seun Lucas is ook met 'n Lydenburger getroud en hulle het 'n dogtertjie ryker geword. So ek is nou ouma!!!!!! Geniet dit baie. My jongste seun James is nou 17 jaar en hy jaag op vinnige motorfietse rond. Hy neem die laaste 2 jaar aan Jnr Enduro Nationals deel. Glo my hy hou my op my knieë. Ek is al 26 jaar nog steeds baie gelukkig getroud met James Beeslaar, en woon nog steeds in Ramsgate aan die Natalse Suidkus.. Ek het 'n facebook adres en sal graag met van my ou skoolvriende wil kontak maak. Hier is my adres miembeeslaar@yahoo.com
Groetnis
Miem

Kontakbesonderhede:
Miem Coetser (Beeslaar) Matriek 1981.
Adres: Posbus 978,
Uvongo,
4270.
Tel: 039 - 314 4192,
Sel 082 374 6636.

Kontakbesonderhede: Elsabe Stoop (Davel) Gesin


Hi Julle,

Hier is ‘n foto van my en my gesin – Ek dreig al so lank om dit te stuur maar nou ja uiteindelik!!

Links – Alechia (my oudste) 22 jaar (Onderwyseres by Laerskool Steelpoort)
Die uwe.
Danelle (my jongste) 17 jaar (Sal 2009 in Matriek wees in HTS Middelburg)
Regs - my man Jan

O ja – Jy kan sommer my besonderhede op die Adreslys update asb:
TELEFOON: 013 230 8372
SELNOMMER: 082 895 9879
E-MAIL: elsabe.davel@samancorcr.com
Posbus: 1156
STEELPOORT
1133

GROETE
“STOOP”

Elsabe Davel

Nuus van Elsabe Stoop




Hi Sewis

Wil net sê as dit nie vir jou was nie het ons sekerlik nooit ons ou pelle weer opgespoor nie!!
Dankie vir ‘n wonderlike “blog” met al die nuus – Ek dink dit is “great”...

Vanessa Dreyer (Van) het ons opgespoor en na haar en haar man se plaas genooi vir haar 25ste Huweliksherdenking (Kan julle dit glo)
Ons het heerlik gekuier!!
Ek stuur ‘n foto saam van die wat daar was - Jeanne de Villiers – Deirdre van der Wall – Elsabe Stoop – Vanessa Dreyer – Laetitia de Waal

Intussen het Brenda Verster ( nou van Wyk) ons ook opgespoor en hiermee ook ‘n foto van Brenda en haar twee dogters (Ook niks ouer geword nie!!!)
Brenda se kontakbesonderhede is as volg – Hulle woon in die Rustenburg omgewing.

SELNOMMER: 0846041649
TELEFOON: WERK -0145965698
E-MAIL - Brenda.vanWyk@exxaro.com

Baie Groete!
Stoop!!

Elsabe Davel
013 2308372 (Huis)
013 2308432 (Fax)
082 8959879 (Sel)
elsabe.davel@samancorcr.com

Wednesday, October 15, 2008

Kobus Botha! Wat 'n verassing!!



Onthou julle vir Kobus Botha. Hy was saam met ons in St 6 tot Std 8. Hy het vir my op Facebook raakgeloop. Kyk net hoe klein het die wereld geword. Kobus, as ek net geweet het jy bly in Atlanta het ek kom koffie drink. Ek was 4 maande gelede is Atlanta.

Wel julle, hier is sy storie, foto's en kontakinligting!!

------------------------------
Hi julle,

Ek het sommer hoender vleis gekry toe ek die fotos van julle reunie sien. Al hoe wel ek nie saam julle in matriek was nie was ons darem St 6,7,8 saam voor ek weg is Hoerskool Piet Potgieter toe.
Tans woon ek en my gesin in Atlanta VSA ons is nou so amper twee jaar hier . Ek het vir baie Jare vir my self in Pretoria gewerk en die laaste ek n Elektries en Meganiesie kontrakteurs besigheid gehad wat gefokus het op in stand houding van om trent die meeste masjiene wat in fabrieke tekry is.

Ek het net gister met my dogters se hulp ‘n plek op facebook gekry en sal binne kort daar fotos op he maar ek stuur een of twee saam.
Hierdie fotos(984 en 926) is in Charleston South Carolina VSA en die een van my Familie was in Pretoria net voor ons oorsee is.
Baie groete
Kobus
001 404 729 8624
kobuscarla@yahoo.com

Thursday, October 9, 2008

Nuwe e-Posadres: Andre van der Wal

Hallo Julle,

Dit gaan nog goed hier in Lydenburg ons ou dorpie raak egter nou te groot en te besig vir my.
Dit was lekker om vanoggend weer n slag in ons blog te blaai hou so aan asb en baie dankie.
My nuwe epos adres: bohlabatsatsi@lantic.net

Groetnis
Andre van der Wal

Monday, September 15, 2008

Kontakinligting: Chris Schoeman

Chris Schoeman se epos-adres het verander na:

schoeman.chris@gmail.com

Nuus: Kontakinligting - Kobus Meyer en Riana Celliers

Middag Julle,

Ek het so bietjie op die matrieknuus gaan drill en wil net my besonderhede aanbring:-

Ek was Riana Cilliers en my details is as volg:-

49 Fickweg
Florentia
Alberton
My telefoon by die huis is 011 869 5173

Na 1981 was ek en Elize Gouws saam met Doryn Schurink in Ermelo Kollege. Ek en Elize het 'n Sekretariele kursus gedoen. Elize het verder gaan studeer en is ’n gekwalifiseerde suster by Lydenburg Hospitaal en dan doen sy ook die kliniek. Ek werk vir Distell in Wadeville – is ’n PA vir 4 Bestuurders – ons maatskappy is met brandewyne – whiskies – lekker wyne ens. Ek werk baie lekker - ek ry maar 6 km werk toe.

Ek het Kobus Meyer ook opgespoor.

Hy woon in Lydenburg en sy besonderhede is:-

Posbus 714
Lydenburg
1120
Sy cell nommer is 076 678 8917
Huis nommer is 01323 53353


Ek probeer ook nog help om te kyk wie ons nog kan opspoor.

Baie dankie

Groete

Riana Viljoen
epos: AViljoen@distell.co.za
Tel: (011) 821 8000
Cell: 082 411 6961

Nuus: Amanda Papenfus

Hi Julle,

Sewis het my gevra om so iets oor my te vertel.

Ons bly nou al 14 jaar in “Verwoerdburgstad” naby “Kerk Sonder mure” suid van Centurion Mall. Ons kinders Martinus (12 jaar – gr 6) en Natasha (10 jaar – gr 4).

Die werk wat ek tans doen behels validasie toesting van “Embedded” sagteware van ‘n “Radio Management” Stelsel vir vliegtuie. Ons direkte kliente is Thales in Frankryk wat ‘n stelsel aan mekaar sit vir CASA. Is nogals interessant want om die toets dokumente te skryf behels heelwat stelsel werk. Dan word die toetse op simulators uitgevoer.

Sal weer van my laat hoor.
Lekker dag!
Amanda

Ons huis tel no. is: (012) 663 6680

Nuwe Kontakinligting: Amanda Papenfus

Hi Julle,

Jammer ek is so stil, maar lyk my die tyd hardloop nou weg met ons (ten minste gaan dit baie goed).

My e-mail by die werk het verander na die volgende adres: Amanda.Nel@za.saabgroup.com. My ander inligting is nog dieselfde (E-mail by die huis: amanda@starlight.za.com).

Ek sien ek het ‘n paar “socials” gemis hier in en om Pta. Sou baie graag weer een of ander bymekaarkoms wou hou voor 2011 – al is dit ook net met ‘n paar mense.

Ek hoop dit gaan goed met julle almal en dit sal “great” wees om weer van die ou bekendes iets te hoor.

Beste groete
Amanda (Papenfus)

Nuus: Erna Swart (nou Grobler)

Hi,

Hier is 2 fotos - 3 jaar terug. Dit was Arné se matriek-afskeid in 2005. Arné word hierdie jaar 21.
Thys word nou 23 jaar en Dirkie is 16. Ek hoef seker nie my ouderdom te gee nie....


Die ander foto is die ander Groblertjies..

Tot later

Erna

Nuus: Nuwe Adres - Marina Jankowitz

Lo Julle,

Ek dink jou website is great Sewis!! Almal dink ons is baie oulik dat ons n website het. Ek sal bietjie moeite doen om Anita Wakeford en Paul Marnewick se adresse te kry.

My nuwe adres is 32ste ln 859 Villieria.

Nogmals dankie vir jou moeite met die website.

Groete
Marina
epos: pro@rieng.co.za

Nuus: Magda Venter en Erna Swart

Hi,

Ek stuur 'n foto van my en Erna Grobler (Swart) wat verlede jaar geneem is toe ons albei se mans langdiens toekennings by Telkom gekry het. Myne werk in Eldoraine Pta en hare in Lydenburg - jy kan glo hoe groot ons verbasing was toe die twee dieselfde aand op dieselfde plek moes wees. Ons het 'n hond uit 'n bos gekuier en was van die laastes wat uit die restaurant gesluip het toe hulle lyk of hulle graag wil toemaak.

Groete
Magda Buitendach (Venter)

Nuus: Jako Viviers

Ek het Jako gevra om so bietjie te vertel wat hy deesdae doen. Jammer ek het so lank gevat om dit te publiseer Jako. Hier is dit:

***********************
Hi julle,

Ek het Stadsbeplanning op Bloem gedoen en het na my diensplig (Genieskool Kroonstad) hier begin - het saam met die baas se dogter geswem en toe hy hoor ek is 'n beplanner, my aangestel. So moes ek die "Ou Transvaal" vaarwel roep. Ek en twee Ingenieurs besit nou die maatskapy.

My Pa het op Hartbeespoort afgetree, hy het later nie meer skool gehou nie en en was bevorder tot Inspekteur, toe Streek-Inspekteur en ten laaste voorsitter van die Keurraad. Hy was later jare werksaam in Pretoria by die Departement, dit na 'n draai in Rodepoort en Potch.

My broer Pierre is in Stellenbosch en Ederich in Amerika (ons laatlam broertjie is in 2005 oorlede).

Daar het jy dit in 'n neutedop. Ek het het lief geraak vir die Vrystaat, hoewel ek darem nog steeds "ligblou" dink. Net so lief vir Kroonstad en as dit nie nodig sou word nie, sal ek graag hier wil aanbly.Ek is werklik baie gelukkig hier, die koue winters ten spyt.

Baie sterkte vir julle en wie weet, dalk sien ons binnekort van oog tot oog.

Gegroet

Jako

Kontak: Elsie Schleich

Hi Julle,

Dankie vir jou moeite met die webblad Sewis. Dit is lekker om so nou en dan van julle te hoor.

Dit gaan goed hier op Lydenburg.

Groete.
Elna Sutherland (Elsie Schleich)
epos: esutherland@fnb.co.za

Wednesday, August 27, 2008

Sewis in nog 'OK'.

Julle ken moes die e-pos grappies oor "Only in South Africa"....

Ek kry nou die dag 'n epos van De Wet Nel wat net wou uitvind of ek nog leef en OK is, omdat ek die web bietjie lanklaas opdateer het. Nou ja, dit vra 'n mens net in Suid Afrika, want almal is elke dag op risiko.....nie waar nie.

Die boodskappie dus net om te laat weet.....alles honkie dorie hierdie kant. Ek leef nog. Het heelwat nuus wat ek moet opsit maar die tyd....ooo die tyd......

Hou maar dop.....

Sien Vanessa se verassing hieronder.

Matriek Groete.
Sewis

Kontakinligting: Vanessa Dreyer (nou Faurie)

Hi Julle,

Dit was nou regtig lekker om so ver terug te gaan en almal te sien op die blog. Uitstekend van Sewis, hoor. Ek is so bly om Ansa en Jeanne en Elsabe Davel en Leatitia se besonderhede te kon kry. Ek sal definitief plan maak om julle te kontak. Ek wil beslis ook nie weer n reunie mis nie, al is dit n baba een.
My ander besonderhede is : Sel : 0844910241. Adres: Posbus 361 Fochville, 2515.
Besigheid no : 016-9877141.
EMail: veastchem@gmail.com

My storie in kort:
Ek en my man Hennie is die 2de Des 25 jaar getroud en nog steeds op "honeymoon". Ons het n drankwinkel op Lindequesdrif (naby Parys) en bly nou so 2 jaar op ons plaas naby Fochville waar Hennie sy hart uit boer. Ek maak die geld en hy weet hoe om dit te spandeer. Ek het April nog n besigheid van die plaas af begin. Ek vervaardig industriele en huishoudelike chemikalie.Die klomp goed saam kan n mens definitief uit die kwaad uit hou.
Ons seuns, Xander en Jacques is nou 22 en 18. Ek sien baie uit na die volgende reunie.
Moenie ons te lank laat wag nie. Ons gaan mekaar dan nie herken nie, jy weet mos maar as gevolg van die verweering.

Groete.
Vanessa
Hierbo 'n foto van Vanessa en haar man Hennie op die Portugese Eilande.