Monday, September 15, 2008

Nuus: Magda Venter en Erna Swart

Hi,

Ek stuur 'n foto van my en Erna Grobler (Swart) wat verlede jaar geneem is toe ons albei se mans langdiens toekennings by Telkom gekry het. Myne werk in Eldoraine Pta en hare in Lydenburg - jy kan glo hoe groot ons verbasing was toe die twee dieselfde aand op dieselfde plek moes wees. Ons het 'n hond uit 'n bos gekuier en was van die laastes wat uit die restaurant gesluip het toe hulle lyk of hulle graag wil toemaak.

Groete
Magda Buitendach (Venter)

No comments: