Tuesday, May 15, 2007

Chris Viljoen - Die Blou Bul

Chris het vir my 'n foto gestuur om te wys waar sy hart en lojaliteit le, veral na die afgelope naweek se goeie oorwinning van die Bulle oor die Crusaders in die Super14 semi-finaal op Loftus. Dit laat ons harte sommer warm klop. Chris,daai trui van jou is sommer kookwater!!

Chris het ook laat weet dat hy en Roelana Stolz (nou Rauch) ook Mel Botes se CD-vrystellings gaan bywoon. Ek en my gesin gaan ook daar wees.

Kom Lydenburgers, kom ons maak so mini-reunie daarvan.

Sien julle daar.

Sewis