Wednesday, August 27, 2008

Sewis in nog 'OK'.

Julle ken moes die e-pos grappies oor "Only in South Africa"....

Ek kry nou die dag 'n epos van De Wet Nel wat net wou uitvind of ek nog leef en OK is, omdat ek die web bietjie lanklaas opdateer het. Nou ja, dit vra 'n mens net in Suid Afrika, want almal is elke dag op risiko.....nie waar nie.

Die boodskappie dus net om te laat weet.....alles honkie dorie hierdie kant. Ek leef nog. Het heelwat nuus wat ek moet opsit maar die tyd....ooo die tyd......

Hou maar dop.....

Sien Vanessa se verassing hieronder.

Matriek Groete.
Sewis

Kontakinligting: Vanessa Dreyer (nou Faurie)

Hi Julle,

Dit was nou regtig lekker om so ver terug te gaan en almal te sien op die blog. Uitstekend van Sewis, hoor. Ek is so bly om Ansa en Jeanne en Elsabe Davel en Leatitia se besonderhede te kon kry. Ek sal definitief plan maak om julle te kontak. Ek wil beslis ook nie weer n reunie mis nie, al is dit n baba een.
My ander besonderhede is : Sel : 0844910241. Adres: Posbus 361 Fochville, 2515.
Besigheid no : 016-9877141.
EMail: veastchem@gmail.com

My storie in kort:
Ek en my man Hennie is die 2de Des 25 jaar getroud en nog steeds op "honeymoon". Ons het n drankwinkel op Lindequesdrif (naby Parys) en bly nou so 2 jaar op ons plaas naby Fochville waar Hennie sy hart uit boer. Ek maak die geld en hy weet hoe om dit te spandeer. Ek het April nog n besigheid van die plaas af begin. Ek vervaardig industriele en huishoudelike chemikalie.Die klomp goed saam kan n mens definitief uit die kwaad uit hou.
Ons seuns, Xander en Jacques is nou 22 en 18. Ek sien baie uit na die volgende reunie.
Moenie ons te lank laat wag nie. Ons gaan mekaar dan nie herken nie, jy weet mos maar as gevolg van die verweering.

Groete.
Vanessa
Hierbo 'n foto van Vanessa en haar man Hennie op die Portugese Eilande.