Tuesday, January 16, 2007

Andre van der Wal

Ek het nou lekker geblaai deur ons ou dae, nie eers geweet ons het n webblad nie! Dit was nou wragtig lekker ek hoop die ouens gebruik die blog. Dit sal lekker wees om van almal te hoor!

Ek sien darem vir Piet Riekert, Duppies, Corne, Melitza en Lourens van Staden.

Dit roer hier in Lydenburg eiendomme se waarde gaan deur die dak. Hulle se ons gaan groter as Rustenburg raak in die volgende paar jare. Dit sal dan meer so lekker wees nie. Ken alreeds nie die mense wat jy in die strate raakloop nie.

Ek is in die verpakkingsbedryf (Mighty Foods) en verder gesond. Ons kinders is al groot. My seun Ruurd werk vir my. Ek en Sonia het nou 4 kleinkinders!!!!! Lekker jong oupa ne.

Ons dogter Alphia bly in Welkom, getroud met Andre Venter van Checker Motors Renault in Welkom. Vir die wat dalk in daardie omgewing bly gaan soek haar gerus op.

Groete aan almal. Ek hoop van my ou skoolmaters gesels met my. Dit sal baie lekker wees, by avdwal@lantic.net

Andre van der Wal

Monday, January 15, 2007

Anton Venter: Nuwe emailadres

Anton se email adres het verander: anton.venter@exxaro.com

Vir interessantheid:

Anton is werksaam as ‘n prosesingenieur by die Ilmenite smelter in Empangeni en woon in Richardsbaai. Hy en Wim de Klerk werk by dieselfde maatskappy. Volgens Anton is Wim is die algemene bestuurder van die maatskappy..

Wys julle wat in ons Lydenburgers steek! Well done!!

Ansa Maritz


Ek het vir die ouens wat nie die laaste re-unie kon bywoon nie gevra om vir my 'n foto van hulself te stuur, sodat ons darem op hoogte kan bly oor hoe ons maters 'verouder'.


Hierbo is 'n foto van Ansa Maritz (nou Snetler) wat onlangs geneem is.


Dankie Ansa. Laat dit vir julle almal as aansporing dien. Vir die ouens vir wie ons lanklaas gesien het, stuur asb. vir my 'n foto'tjie sodat ek dit hier plaas.


Terloops Ansa, die verouderingsproses werk nie by jou nie.


Nuwe kontakinligting:

Nog ‘n paar nuwe email-adresse gekry in reaksie op die e-pos wat ek aan julle almal gestuur het.

So spoor ons dalk almal op:

Erna Swart (nou Grobler): groblerdiek@telkomsa.net

Braam Beetge: braambeetge@lantic.net

 

Saturday, January 13, 2007

Voorspoed vir 2007!

Mag 2007 vir julle almal en julle gesinne ‘n wonderlike jaar wees!

Voorspoed vir elkeen van julle, en mag die vlaag van misdaad in ons land vir julle nie tref nie!.

Elsabe Stoop (Davel)

Ek het van Elsabe gehoor:

"Ek is so spyt ek het die reunie gemis?
Die website is great!!!!! Dit is so wonderlik om almal te sien – Die “girls” lyk omtrent almal dieselfde – die “manne” het bietjie oud geword?

Laat weet my asb!!!! Wanneer die volgende reunie is –
EK WIL DIT NIE WEER MIS NIE!!!
"

Kontakinligting:
Werk Tel: (+27) 013 2307095
Sel: (+27) 082 895 9879
Fax: (+27) 013 230 7129
E-pos: elsabe.davel@samancorCr.com

Wimpie de Klerk - Nuwe e-posadres

Wimpie de Klerk se kontakinligting (E-posadres) het verander:

Wim.DeKlerk@exxaro.com

Elsie Sleisch

E-Posadres: Elsie Sleisch - esutherland@fnb.co.za

Amanda Papenfus (Nel):

Amanda se e-mail adres en kontakinligting:
Amanda.Nel@za.saabgroup.com. of amandanel@ams.co.za

Selnommer: 082-377 6440

Hano Otto

Hano se nuwe e-mail adres en kontakinligting: hanotto@mweb.co.za

Adres: Posbus 3526
Dorp: George Industria
Poskode: 6536
Tel no: 044 879 2069
Sel: 082 445 2365

Hier is 'n foto van Hano en sy vrou wat in September 2006 in Mosambiek geneem is.

Nuwe Kontakintligting ontvang

Nuwe e-mail adresse:

Andre van der Wal: avdwal@lantic.net

Annelie du Plessis: jmverster@yebo.co.za

Onlangse foto van Roelana Stolz (Rauch) en haar dogtertjie Roelé: rauch@lantic.net

Nog nuwe adresse


Nog nuwe adresse gekry:

Ansa Malan (nou Snetler) het laat weet dat sy ons webblad dophou. Haar email adres is: ansa.snetler@clover.co.za

Hano Otto stuur groete vir almal en sal bitter graag n reunie wil bywoon. Hy is tans woonagtig in die George omgewing en vir die wat nie weet nie, hy en sy vrou bestuur hulle eie maatskappy (adventure, team building, ens.). Sy besonderhede is: hanotto@mweb.co.za. Sel: 082 445 2365

Anton Venter: anton.venter@ticor-sa.com. Werk by EPG-Smelter.

Elmien du Plessis (nou Rossouw): elmienr@jdg.co.za

Braam van Wijk: Hy is woonagtig in Nelspruit. Was voorheen in die onderwys, maar is nou voltydse kunstenaar. Sy kontak nommer is 083 584 1620. Braam se e-pos: BraamvanWijkArt@hotmail.com

Johan le Grange: Is ook in Nelspruit. Hy is predikant in die NG-Moedergemeente. Ek sal sy inligting in die hande kry.

Lodewyk Spies: Sel: 082 444 8550 en e-pos: leguan@lantic.net

En laastens, 'n foto wat Dup du Preez van hom en Piet Riekert gestuur het.

Alwyn Nel - uit Perth (Matriek 1977)

Vir interessantheid: Die maandag nadat ons ons 20 jarige reunie gehou het (30/09/2001), het ek 'n e-mail van Alwyn Nel uit Perth (Wes-Australië) ontvang. Alwyn woon tans in Perth en het op ons webblad afgekom. Hy wou graag verneem hoe ons reunie was en 'n paar staaltjies uit sy verlede as leerling van die Hoërskool Lydenburg gedeel. Miskien sal daar 'n paar van julle wees wat vir Alwyn onthou. Hy het in 1977 matriek geskryf.

Dit lyk my ons Lydenburgers woon vandag die wereld vol. Volgens Alwyn het hy nog kontak met Johan Gildenhuys wat saam met hom op skool was en ook in Perth woon Johan skryf onder andere:

"So julle reunie was gister. Ai, wat 'n gebeurtenis. Ek hoop dit het goed afgeloop. Ons het so 14 jaar terug 'n reunie daar gehad, en dit was ongelooflik. Ek het sederdien kontak veloor met die maters - wat 'n jammerte. Ek het so bietjie na die fotos gaan kyk en ek moet se - wat 'n aangename herinnering het dit net nie by my ontwaak nie. Die loopbrug oor die duikweg tussen De Souza huis en die skoolgronde, met die treinspoor in die agtergrond (nou nie sigbaar op die foto nie), die gimnastieksaal waar Leonard Young die eerste gimnaste van die skool gekry het, die Streicher saal (Mnr Streicher het as hoof afgetree toe ek in std 8 was. Ek sien die skool se naam by die ingang het darem 'n deelteken op die "e" gekry sederdien. In ons dae was dit die Hoerskool Lydenburg - amptelik volgens die metaal letters buite by die ingang. Kan nou nog nie glo dat niemand ooit die deelteken op die e wou aanbring nie. En dan die fotos van die onnies. Laat my weet hoe julle die reunie ondervind het - sal goed wees om te hoor. As ek eendag weer voet aan wal sit sal ek daar 'n draai gaan maak. Dis nou een ding wat ek net moet doen. Nouja, nogsteeds Padlangs, al is dit ver oor die water. Groetnis, Alwyn Nel uit Perth, Wes Australië"

Friday, January 12, 2007

Jean de Villiers:

Ek weet nie of julle weet nie, maar die wat hulle oë en ore op die grond hou sou in die media (bv. Huisgenoot) gelees het dat Jean met die bekende sanger, Mel Botes getroud is.

Een van sy bekende treffers is, Reënvoëls wat dikwels op Kyknet se musiekprogram (soggens vroeg en saans laat) gespeel word. As jy mooi kyk sal jy niemand anders as Jean self sien wat deel van die musiekvideo uitmaak nie. Hou dus volgende keer die musiekvideo met 'nuwe' oë dop.

Jean en Mel het 'n seuntjie van so net oor die twee jaar en volgens Leatitia de Waal (nou Van Wyk) wat met hulle huisvriende is, is die kleinman Jeanne se punt van haar hart.

Haar e-mail adres is jeanne@mondial.co.za of jeanne@melbotes.co.za en selnommer is nog dieselfde as die een by ons kontakinligting, op ons 'website'.

Leatitea het vir my 'n foto gestuur van haar en Jean. Op die foto het ek 'n foto van Mel ingelas.



Mel was ook te sien in die Kyknet-reeks, Song vir Katryn.

Chris Viljoen

Chris Viljoen werk by Reatile Timrite (Pty) Ltd as 'Chief Financial Officer'.

Hy werk in Allensnek en woon in Roodekrans (Randburg/Roodepoort omgewing).

Ek haal so stukkie aan uit Chris se e-mail aan my want dit bevat so bietjie ekstra nuus:

"So n paar weke terug het ek my stief broer (Jannie vd Merwe) die web blad gewys. Jannie was so n paar jaar voor ons. Hy en Jungle Herbst is groot vriende. Die ander dag op pad terug vanaf Welkom het ek besluit om Jako op te soek in Kroonstad. Was dit nou lekker om weer n vriend na 25 jaar te sien. Ons het lekker gesels en het onderneem om binnekort n plan te maak om so bietjie weg te kom vir 'n naweek. Ek verstaan dat Francois Fick (Poke) werksaam is in Virginia.
Ek sluit ook n foto in. Vir die wat wonder, die pragtige vrou met wie ek dans is my jongste suster. Dit was op haar troue September 2005.
"


So terloops, Chris het my daarop gewys dat Jako Viviers se emailadres die volgende is: jako@lmv.co.za

Chris se Kontakbesonderhede:
Werk Tel: 011 475 1600
Fax: 011 475 1658
Sel: 082 452 1193
E-mail: c.viljoen@reatim.co.za

Gerhard Kruger (Gêppie):

Gerhard Kruger het my 'n week gelede (11/09/2006) gebel nadat hy my kontakinligting op ons website gesien het. Ek was baie verbaas omdat ons met die vorige reunie nie vir Gerhard kon opspoor nie. Min het ek geweet dat my werk en sy woonplek 'n klipgooi van mekaar is.

Ek en Chris Schoeman het nog gereeld kontak en kuier/braai ten minste een keer per maand bymekaar.

Ek het toe dadelik gereël dat ek, Gerhard en Chris weer 'n slag saam kuier. Ons drie was laas met 10jaar reunie bymekaar. Verlede Saterdagaand het ons by my huis vir 'n lekker braai bymekaar gekom. Die aand was goed afgerond met die Bulle se puik vertoning teen die Sharks.

Gerhard is in beheer van die myngroep, Xtrata Coal se 'Treasury' afdeling in hul hoofkantoor. Hy was getroud maar is tans 'n alleenloper. Geen kinders.

Hier is sy kontakbesonderhede:
Werkadres :
Xstrata Coal South Africa,
23 Melrose Boulevard,
1 st Floor Melrose Arch
Werk Tel: (011) 772 0613
Woonadres: Kloofendal Roodepoort
Huis Tel: 766-1118
Cell: 084 774 6247
e-Mail: GKruger@xstratacoal.co.za

Hier is 'n foto van (vlnr) Geppie, Chris en ek (Sewis) wat ons tydens die kuiertjie geneem het.

Chris Schoeman

Chris werk as personeelkonsultant by 'n maatskappy, Omnicor, in Sandton. Hy is getroud met Lynnette, het 2 kinders (seun - 15jr en dogter 13jr) en bly in Centurion, naby die Unitas Hospitaal in Potgieterstraat.

Kontakbesonderhede:
Selfoon: 082-852 3046
Huistel: 012-664 2321
E-mail werk: chris@omnicor.co.za
E-mail huis: chris@vodamail.co.za of 27828283805@vodamail.co.za

17/09/2006

Het 'n e-mail ontvang van 'n familielid van Issie Roelofse wat laat weet het dat Issie vroeer vanjaar (2006) in 'n motorongeluk gesterf het.

Anita Wakeford werk blykbaar in Potgietersrus se munisipale biblioteek. Chris Schoeman het haar daar raakgeloop. Het ongelukkig nie kontak besonderhede nie. Gaan my bes doen om dit in die hande te kry.