Tuesday, January 16, 2007

Andre van der Wal

Ek het nou lekker geblaai deur ons ou dae, nie eers geweet ons het n webblad nie! Dit was nou wragtig lekker ek hoop die ouens gebruik die blog. Dit sal lekker wees om van almal te hoor!

Ek sien darem vir Piet Riekert, Duppies, Corne, Melitza en Lourens van Staden.

Dit roer hier in Lydenburg eiendomme se waarde gaan deur die dak. Hulle se ons gaan groter as Rustenburg raak in die volgende paar jare. Dit sal dan meer so lekker wees nie. Ken alreeds nie die mense wat jy in die strate raakloop nie.

Ek is in die verpakkingsbedryf (Mighty Foods) en verder gesond. Ons kinders is al groot. My seun Ruurd werk vir my. Ek en Sonia het nou 4 kleinkinders!!!!! Lekker jong oupa ne.

Ons dogter Alphia bly in Welkom, getroud met Andre Venter van Checker Motors Renault in Welkom. Vir die wat dalk in daardie omgewing bly gaan soek haar gerus op.

Groete aan almal. Ek hoop van my ou skoolmaters gesels met my. Dit sal baie lekker wees, by avdwal@lantic.net

Andre van der Wal

No comments: