Friday, January 12, 2007

Jean de Villiers:

Ek weet nie of julle weet nie, maar die wat hulle oë en ore op die grond hou sou in die media (bv. Huisgenoot) gelees het dat Jean met die bekende sanger, Mel Botes getroud is.

Een van sy bekende treffers is, Reënvoëls wat dikwels op Kyknet se musiekprogram (soggens vroeg en saans laat) gespeel word. As jy mooi kyk sal jy niemand anders as Jean self sien wat deel van die musiekvideo uitmaak nie. Hou dus volgende keer die musiekvideo met 'nuwe' oë dop.

Jean en Mel het 'n seuntjie van so net oor die twee jaar en volgens Leatitia de Waal (nou Van Wyk) wat met hulle huisvriende is, is die kleinman Jeanne se punt van haar hart.

Haar e-mail adres is jeanne@mondial.co.za of jeanne@melbotes.co.za en selnommer is nog dieselfde as die een by ons kontakinligting, op ons 'website'.

Leatitea het vir my 'n foto gestuur van haar en Jean. Op die foto het ek 'n foto van Mel ingelas.



Mel was ook te sien in die Kyknet-reeks, Song vir Katryn.

No comments: