Friday, January 12, 2007

Gerhard Kruger (Gêppie):

Gerhard Kruger het my 'n week gelede (11/09/2006) gebel nadat hy my kontakinligting op ons website gesien het. Ek was baie verbaas omdat ons met die vorige reunie nie vir Gerhard kon opspoor nie. Min het ek geweet dat my werk en sy woonplek 'n klipgooi van mekaar is.

Ek en Chris Schoeman het nog gereeld kontak en kuier/braai ten minste een keer per maand bymekaar.

Ek het toe dadelik gereël dat ek, Gerhard en Chris weer 'n slag saam kuier. Ons drie was laas met 10jaar reunie bymekaar. Verlede Saterdagaand het ons by my huis vir 'n lekker braai bymekaar gekom. Die aand was goed afgerond met die Bulle se puik vertoning teen die Sharks.

Gerhard is in beheer van die myngroep, Xtrata Coal se 'Treasury' afdeling in hul hoofkantoor. Hy was getroud maar is tans 'n alleenloper. Geen kinders.

Hier is sy kontakbesonderhede:
Werkadres :
Xstrata Coal South Africa,
23 Melrose Boulevard,
1 st Floor Melrose Arch
Werk Tel: (011) 772 0613
Woonadres: Kloofendal Roodepoort
Huis Tel: 766-1118
Cell: 084 774 6247
e-Mail: GKruger@xstratacoal.co.za

Hier is 'n foto van (vlnr) Geppie, Chris en ek (Sewis) wat ons tydens die kuiertjie geneem het.

No comments: