Saturday, January 13, 2007

Alwyn Nel - uit Perth (Matriek 1977)

Vir interessantheid: Die maandag nadat ons ons 20 jarige reunie gehou het (30/09/2001), het ek 'n e-mail van Alwyn Nel uit Perth (Wes-Australië) ontvang. Alwyn woon tans in Perth en het op ons webblad afgekom. Hy wou graag verneem hoe ons reunie was en 'n paar staaltjies uit sy verlede as leerling van die Hoërskool Lydenburg gedeel. Miskien sal daar 'n paar van julle wees wat vir Alwyn onthou. Hy het in 1977 matriek geskryf.

Dit lyk my ons Lydenburgers woon vandag die wereld vol. Volgens Alwyn het hy nog kontak met Johan Gildenhuys wat saam met hom op skool was en ook in Perth woon Johan skryf onder andere:

"So julle reunie was gister. Ai, wat 'n gebeurtenis. Ek hoop dit het goed afgeloop. Ons het so 14 jaar terug 'n reunie daar gehad, en dit was ongelooflik. Ek het sederdien kontak veloor met die maters - wat 'n jammerte. Ek het so bietjie na die fotos gaan kyk en ek moet se - wat 'n aangename herinnering het dit net nie by my ontwaak nie. Die loopbrug oor die duikweg tussen De Souza huis en die skoolgronde, met die treinspoor in die agtergrond (nou nie sigbaar op die foto nie), die gimnastieksaal waar Leonard Young die eerste gimnaste van die skool gekry het, die Streicher saal (Mnr Streicher het as hoof afgetree toe ek in std 8 was. Ek sien die skool se naam by die ingang het darem 'n deelteken op die "e" gekry sederdien. In ons dae was dit die Hoerskool Lydenburg - amptelik volgens die metaal letters buite by die ingang. Kan nou nog nie glo dat niemand ooit die deelteken op die e wou aanbring nie. En dan die fotos van die onnies. Laat my weet hoe julle die reunie ondervind het - sal goed wees om te hoor. As ek eendag weer voet aan wal sit sal ek daar 'n draai gaan maak. Dis nou een ding wat ek net moet doen. Nouja, nogsteeds Padlangs, al is dit ver oor die water. Groetnis, Alwyn Nel uit Perth, Wes Australië"

No comments: