Friday, June 15, 2007

Nuus van Eddie Fullard

Dagsê julle,

Nog so paar bekendes wat almal seker sal onthou.
Op die een foto hieronder is ek en Johan Claasen by die 3 spesie hengelkompetisie by Loskopdam einde 2006.

Johan se e-pos: johan@marqwe.co.za

Die ander foto is geneem by Jacques de Villiers se verjaardagfunksie hierdie jaar.

Al drie die manne saam my moes ons tasse dra en skoene politoer toe ons matriek was (standerd sessies).

Van links Piet Kruger (neef van Linda wat onlangs oorlede is), Jacques de Villiers (broer van Jeanne), Ek en Alwyn Small.

Ons 4 is nou al vir die afgelope 20jaar goeie vriende en sien mekaar gereeld.

My e-pos moet ook net verander: eddie@zplus.co.za

Ons moet regtig Gerhard (my broer) se uitnodiging sterk oorweeg om in hierdie jaar 'n bymekaarkoms te reël daar by hom. Dis lekker sentraal en daar is meer as genoeg spasie vir almal.

Kom ons maak werk daarvan!

Het iemand miskien nog kontak met Piet Snyman?

Laat weet asb.

Groete
Eddie Fullard

Thursday, June 14, 2007

Nuus van Gerhard Fullard

Hi daar aan almal.

Ek het verlede week op die 81 matrieks se web blad afgekom en was verbaas hoeveel inligting daarop is van julle almal.

Gaan nie nou my hele geskiedenis vir julle uitblaker nie maar net kortliks vir hulle inlig oor die jongste oor my.

Ek is tans die Algemene bestuurder van n groot krokidil teelplaas wat velle en vleis uitvoer.
Is so 45km (Highway)van Pretoria af naby De Wild/Vissershoek area.(25km van Pretoria Noord af)

Ons het so 1500 groot teelpare en so 20 000 groeiende klein krokidiletjies. Ek geniet my werk baie.Het voorheen in Dullstroom area as wildsplaas bestuurder gewerk.
Ek is na 19jr geskei en nog steeds single na twee en n halwe jaar.
My meisiekind word nou 21 en my seun is in matriek. Beide in Lydenburg
Weet nie hoe ver almal van my af bly nie maar is welkom om te kom kuier en te kom loer wat ons hier als doen.

Gedink ons kan dalk weer n "ken mekaar van vooraf aand" by die lapa hier op die plaas reel sodra die weer warmer word maar die wat voor die tyd wil kom kuier is meer as welkom. Laat weet net vroegtydig.

Hieronder is 'n paar foto's van hoe dit hier lyk.
My kinders is al yslik groot

My meisiekind Alke-Merique word hierdie jaar al 21, bly en werk in lydenburg as n recruitment konsultant.

My seun is nou 18 en in matriek ook in lydenburg. Ek het van sy atletiek byeenkomste bygewoon en sien toevalig dat my 400m hekkies rekort nog steeds staan.

Atlete soos Johan Du Plessis, Riana Swart, Lubbe. Springkaan(naam vergeet) en nog baie meer se name staan ook nog agter baie items.
Ek het ook nog kontak met Johan Claassen. Johan Claasen se Sel nommer is 0823774631. Hulle bly in Magaliesburg.

Groete aan julle almal en laat hoor van julle.

GA Fullard
General Manager
Izintaba Farm Crocodile
082 976 3484
(012)5041692
gfullard@lantic.net

Jako Viviers

Hier is nou 'n verassing. Het 'n e-pos van Jako Viviers gekry. Is dit nie lekker om die die ou maats weer te 'sien'/ van hulle te hoor nie? Die grys hare lyk my is besig om die oorhand by die meeste van ons te kry.

Jako skryf onder andere:
"Ek het gisteraand met my ouers gesels, en toe verneem dat Linda Kruger tragies oorlede is. Ek en sy was van laerskool tot matriek uit, baie goeie vriende en was dit sleg om te verneem van haar."

Ek dink ons stem almal saam Jako.

Jako se e-posadres, as julle aan hom wil skryf is jako@lmv.co.za

Baie dankie vir jou foto.

Kom julle ander ....wat nog nie 'n onlangse foto van jouself om die webblad het nie,.....stuur vir my asb! Ek sal dit plaas.

Groete
Sewis

De Wet Nel reel 'n Ete - Roodepoort ('Meat & Eat")

Goeie dag julle almal.

Het julle al planne vir eerskomende Saterdagaand (16 Junie 2007). Ek (De Wet Nel), Chris Viljoen, Gerhard Kruger en Danny Golach kom bymekaar by die “Meet & Eat” op Ontdekkersweg in Roodepoort. So half agt sodat ons eers die rugby agter die rug kan kry. Oorweeg dit asseblief om ons te kom join. Dis net so 45 minute se ry vanaf Pretoria. (Minder as wat baie van ons per dag deur die verkeer sweet).

Laat my asb. So gou moontlik weet sodat ek kan bespreek.

Sien uit om julle te sien

De Wet Nel
082 492 8249

Monday, June 11, 2007

Thursday, June 7, 2007

Linda Kruger

Dit is met hartseer dat ek julle moet inlig dat Linda Kruger oorlede is. Jean het vir my gister laat weet dat sy blykbaar haar eie lewe geneem het.

Ek nie baie inligting nie maar sal julle laat weet sodra ek meer weet.

Nuus van Hano Otto

Hallo julle almal,

Kako si? ... Klink of jy toilet toe moet gaan? Nee, dis eintlik Kroasies vir: "Hoe gaan dit?". Ek het sopas nog 'n lekker avontuur agter die rug, maar is baie bly om veilig en droogvoets terug by die huis te wees. Ek en 3 ander "crew members" het sopas teruggekeer van 2 maande op die oop see. Ons het 'n 40ft Catamaran gaan aflewer in Kroasië. Ons was 60 dae op die see, het ongeveer 8200 seemyl gevaar en 'n paar storms en baie "boring" tye later uiteindelik aangekom op Kremik Marina waar ons die Cat oorhandig het. Voorwaar 'n great ervaring maar nie altyd so romanties soos wat jy jou voorstel nie! Ek het baie verlang na my vroutjie, Sonja, my huis en ons 2 brakke - 'n Bokser en Jack Russell.

My vrou het my ingewag in Kremik, en ons het vir 10 dae lekker rondgetoer tussen al die eilande, 'n paar keer kaal geswem, te veel bier gedrink en great mense ontmoet. Kroasië is 'n pragtige land met baie vriendelike mense en glad nie duur nie. Ek kan dit regtig aanbeveel.

Ek is regtig spyt ons het Mel se CD bekendstelling gemis. Lyk of dit 'n lekker aand was, en ek sou graag ou Eddie se siel wou uittrek oor sy grys baard! So asof myne nie ook so lyk nie. Hopelik sal ons nie die volgende een mis nie. Groete aan almal. As julle dalk hier by George verbykom, kom loer gerus in - my huis is oop vir enige vriendelike gesig!

Cheers
Hano.

PS: Foto's aangeheg -
a) ek en Sonja in ligte luim by ons kuierplekkie in Pomena op die eiland Miljet.
b) ek voor ons getroue Spinnaker seil, wat ons vorentoe gevat het in ligte wind in die omgewing van die Ewenaar.

Wednesday, June 6, 2007

Kontakinligting - Danny Golach

Danny se besonderhede:
Sel: 072 975 7500,
Werk: 011 497 7268.
Hy is ‘n inspekteur in die polisie en gestasioneer by die Johannesburg Sentraal Stasie. (Die ou John Vorster plein)

De Wet Nel - Kontakinligting


Hi Sewis en almal

Ek hou al vir ‘n geruime tyd jou Lydenburg website/blog met belangstelling dop. Ek dink jy doen ‘n baie goeie jop. Baie geluk. Hou so aan.

As gevolg van jou inligting het ek en Gerhard Kruger (Gêppie) so ‘n ruk gelede agtergekom dat ons nou al ongeveer sewe jaar lank so twee kilometer van mekaar af woon. Ons het toe darem uiteindelik kontak gemaak. Danny Golach woon ook oorkant die straat van my af. (ook ‘n paar maande geneem om te klick.) Ons woon terloops in Honey hills In Roodepoort.

My vrou se naam is Fantine en ons het 3 kinders, almal nog in die laerskool. Ek sluit ‘n foto van ons in.

Ons was sommer baie teleurgesteld dat ons nie die Mel Botes funksie kon bywoon nie. Ek en Gêppie het toe maar besluit dat ons sommer binnekort hier in ons geweste ook ‘n reunie in die kleine wil hou.

Aangesien ons almal nog so jonk is gaan ons so ses uur op jeugdag, 16 Junie by Meet & Eat op Ontdekkersweg hier in Roodepoort bymekaarkom. Kom almal kom join ons asseblief. Ek sien daar is sommer ‘n hele paar van ons matriekmaats aan die Rand en Pretoria en dit is ‘n Saterdagaand en boonop nog ‘n vakansiedag. Dus geen verskonings nie. Laat my asseblief net op die laatste so teen Donderdag 14 Junie weet as jy kom sodat ek kan bespreek. (Die plek is nogal gewild en ‘n ou kry nie sommer plek sonder ‘n bespreking nie)

My kontakinligting is as volg:

Sel: 082 492 8249
Huis: 011 763 6884
E-pos: dewetn@pronetworks.co.za of dewetnel@absamail.co.za

Groetnis
De Wet Nel

Monday, June 4, 2007

Mel Botes bring 'n paar matrieks bymekaar.


Op 25 Mei 2007 het 'n paar van ons oud-matrieks bymekaar gekom in die Performer Teater in Lynwood, Pretoria, vir die vrystelling van Mel Botes se nuwe CD, "Ek like jou Ma". Dit was 'n koue, maar lekker wintersaand in Pretoria, en om die ou maters weer te sien het die hart sommer (so saam met die sjerrie en rooiwyn), weer laat warm klop.

'n Paar ouens wie se adresse ons nie gehad het nie is:

Marina Jankowitz (nou van Heerden): pro@rieng.co.za en selno: 082 371 7929.

Eddie Fulhardt: eddie@zplus.co.za, selno: 073 143 1187 en huis tel: 012-333 6712.

Van die ander wat die aand kon maak was Roelana Stolz (Rauch), Chris Viljoen, Leatitia de Waal (van Wyk)......en Jean de Villiers (Botes) natuurlik.....wat ons almal genooi het.

Mel se CD is 'smart'. Gaan loer gerus na sy website vir meer inligting by www.melbotes.co.za.
Hier is 'n paar foto's van die aand.
Marina en haar man Johan.
Eddie Fulhardt en sy vrou
Leatitia en haar man Wilhelm van Wyk
Roelana Stolz (Rauch) en Chris Viljoen
Sewis van Wyk en sy vrou Erika.
Tyd vir bietjie kuier.

Tyd om die 'n CD te koop, die laaste glasie rooiwyn te geniet, en om vir oulaas te kuier. (Sewis, Chris, Roelana en Erika (Sewis se vrou)


Vir die wat die een gemis het: Dit is altyd lekker om jou ou skoolmaats weer te sien. Al is dit net om hallo te se, 'n paar woorde met mekaar te gesels, en om mekaar se teenwoordigheid te geniet.

Probeer jou bes om volgende keer 'n byeenkoms by te woon!!