Monday, June 4, 2007

Mel Botes bring 'n paar matrieks bymekaar.


Op 25 Mei 2007 het 'n paar van ons oud-matrieks bymekaar gekom in die Performer Teater in Lynwood, Pretoria, vir die vrystelling van Mel Botes se nuwe CD, "Ek like jou Ma". Dit was 'n koue, maar lekker wintersaand in Pretoria, en om die ou maters weer te sien het die hart sommer (so saam met die sjerrie en rooiwyn), weer laat warm klop.

'n Paar ouens wie se adresse ons nie gehad het nie is:

Marina Jankowitz (nou van Heerden): pro@rieng.co.za en selno: 082 371 7929.

Eddie Fulhardt: eddie@zplus.co.za, selno: 073 143 1187 en huis tel: 012-333 6712.

Van die ander wat die aand kon maak was Roelana Stolz (Rauch), Chris Viljoen, Leatitia de Waal (van Wyk)......en Jean de Villiers (Botes) natuurlik.....wat ons almal genooi het.

Mel se CD is 'smart'. Gaan loer gerus na sy website vir meer inligting by www.melbotes.co.za.
Hier is 'n paar foto's van die aand.
Marina en haar man Johan.
Eddie Fulhardt en sy vrou
Leatitia en haar man Wilhelm van Wyk
Roelana Stolz (Rauch) en Chris Viljoen
Sewis van Wyk en sy vrou Erika.
Tyd vir bietjie kuier.

Tyd om die 'n CD te koop, die laaste glasie rooiwyn te geniet, en om vir oulaas te kuier. (Sewis, Chris, Roelana en Erika (Sewis se vrou)


Vir die wat die een gemis het: Dit is altyd lekker om jou ou skoolmaats weer te sien. Al is dit net om hallo te se, 'n paar woorde met mekaar te gesels, en om mekaar se teenwoordigheid te geniet.

Probeer jou bes om volgende keer 'n byeenkoms by te woon!!

1 comment:

Unknown said...

Hi julle almal, dit lyk of dit baie lekker kon wees. Ek sit nou hier in Australië, en dis lekker om Afrikaanse musiek hier te kan hoor. Ons het onlangs vir Bok van Blerk en Hugo hier gesien. Stuur vir Mel Brisbane toe!!