Thursday, June 14, 2007

Nuus van Gerhard Fullard

Hi daar aan almal.

Ek het verlede week op die 81 matrieks se web blad afgekom en was verbaas hoeveel inligting daarop is van julle almal.

Gaan nie nou my hele geskiedenis vir julle uitblaker nie maar net kortliks vir hulle inlig oor die jongste oor my.

Ek is tans die Algemene bestuurder van n groot krokidil teelplaas wat velle en vleis uitvoer.
Is so 45km (Highway)van Pretoria af naby De Wild/Vissershoek area.(25km van Pretoria Noord af)

Ons het so 1500 groot teelpare en so 20 000 groeiende klein krokidiletjies. Ek geniet my werk baie.Het voorheen in Dullstroom area as wildsplaas bestuurder gewerk.
Ek is na 19jr geskei en nog steeds single na twee en n halwe jaar.
My meisiekind word nou 21 en my seun is in matriek. Beide in Lydenburg
Weet nie hoe ver almal van my af bly nie maar is welkom om te kom kuier en te kom loer wat ons hier als doen.

Gedink ons kan dalk weer n "ken mekaar van vooraf aand" by die lapa hier op die plaas reel sodra die weer warmer word maar die wat voor die tyd wil kom kuier is meer as welkom. Laat weet net vroegtydig.

Hieronder is 'n paar foto's van hoe dit hier lyk.
My kinders is al yslik groot

My meisiekind Alke-Merique word hierdie jaar al 21, bly en werk in lydenburg as n recruitment konsultant.

My seun is nou 18 en in matriek ook in lydenburg. Ek het van sy atletiek byeenkomste bygewoon en sien toevalig dat my 400m hekkies rekort nog steeds staan.

Atlete soos Johan Du Plessis, Riana Swart, Lubbe. Springkaan(naam vergeet) en nog baie meer se name staan ook nog agter baie items.
Ek het ook nog kontak met Johan Claassen. Johan Claasen se Sel nommer is 0823774631. Hulle bly in Magaliesburg.

Groete aan julle almal en laat hoor van julle.

GA Fullard
General Manager
Izintaba Farm Crocodile
082 976 3484
(012)5041692
gfullard@lantic.net

No comments: