Friday, June 15, 2007

Nuus van Eddie Fullard

Dagsê julle,

Nog so paar bekendes wat almal seker sal onthou.
Op die een foto hieronder is ek en Johan Claasen by die 3 spesie hengelkompetisie by Loskopdam einde 2006.

Johan se e-pos: johan@marqwe.co.za

Die ander foto is geneem by Jacques de Villiers se verjaardagfunksie hierdie jaar.

Al drie die manne saam my moes ons tasse dra en skoene politoer toe ons matriek was (standerd sessies).

Van links Piet Kruger (neef van Linda wat onlangs oorlede is), Jacques de Villiers (broer van Jeanne), Ek en Alwyn Small.

Ons 4 is nou al vir die afgelope 20jaar goeie vriende en sien mekaar gereeld.

My e-pos moet ook net verander: eddie@zplus.co.za

Ons moet regtig Gerhard (my broer) se uitnodiging sterk oorweeg om in hierdie jaar 'n bymekaarkoms te reël daar by hom. Dis lekker sentraal en daar is meer as genoeg spasie vir almal.

Kom ons maak werk daarvan!

Het iemand miskien nog kontak met Piet Snyman?

Laat weet asb.

Groete
Eddie Fullard

No comments: