Wednesday, June 6, 2007

De Wet Nel - Kontakinligting


Hi Sewis en almal

Ek hou al vir ‘n geruime tyd jou Lydenburg website/blog met belangstelling dop. Ek dink jy doen ‘n baie goeie jop. Baie geluk. Hou so aan.

As gevolg van jou inligting het ek en Gerhard Kruger (Gêppie) so ‘n ruk gelede agtergekom dat ons nou al ongeveer sewe jaar lank so twee kilometer van mekaar af woon. Ons het toe darem uiteindelik kontak gemaak. Danny Golach woon ook oorkant die straat van my af. (ook ‘n paar maande geneem om te klick.) Ons woon terloops in Honey hills In Roodepoort.

My vrou se naam is Fantine en ons het 3 kinders, almal nog in die laerskool. Ek sluit ‘n foto van ons in.

Ons was sommer baie teleurgesteld dat ons nie die Mel Botes funksie kon bywoon nie. Ek en Gêppie het toe maar besluit dat ons sommer binnekort hier in ons geweste ook ‘n reunie in die kleine wil hou.

Aangesien ons almal nog so jonk is gaan ons so ses uur op jeugdag, 16 Junie by Meet & Eat op Ontdekkersweg hier in Roodepoort bymekaarkom. Kom almal kom join ons asseblief. Ek sien daar is sommer ‘n hele paar van ons matriekmaats aan die Rand en Pretoria en dit is ‘n Saterdagaand en boonop nog ‘n vakansiedag. Dus geen verskonings nie. Laat my asseblief net op die laatste so teen Donderdag 14 Junie weet as jy kom sodat ek kan bespreek. (Die plek is nogal gewild en ‘n ou kry nie sommer plek sonder ‘n bespreking nie)

My kontakinligting is as volg:

Sel: 082 492 8249
Huis: 011 763 6884
E-pos: dewetn@pronetworks.co.za of dewetnel@absamail.co.za

Groetnis
De Wet Nel

No comments: