Thursday, June 7, 2007

Nuus van Hano Otto

Hallo julle almal,

Kako si? ... Klink of jy toilet toe moet gaan? Nee, dis eintlik Kroasies vir: "Hoe gaan dit?". Ek het sopas nog 'n lekker avontuur agter die rug, maar is baie bly om veilig en droogvoets terug by die huis te wees. Ek en 3 ander "crew members" het sopas teruggekeer van 2 maande op die oop see. Ons het 'n 40ft Catamaran gaan aflewer in Kroasië. Ons was 60 dae op die see, het ongeveer 8200 seemyl gevaar en 'n paar storms en baie "boring" tye later uiteindelik aangekom op Kremik Marina waar ons die Cat oorhandig het. Voorwaar 'n great ervaring maar nie altyd so romanties soos wat jy jou voorstel nie! Ek het baie verlang na my vroutjie, Sonja, my huis en ons 2 brakke - 'n Bokser en Jack Russell.

My vrou het my ingewag in Kremik, en ons het vir 10 dae lekker rondgetoer tussen al die eilande, 'n paar keer kaal geswem, te veel bier gedrink en great mense ontmoet. Kroasië is 'n pragtige land met baie vriendelike mense en glad nie duur nie. Ek kan dit regtig aanbeveel.

Ek is regtig spyt ons het Mel se CD bekendstelling gemis. Lyk of dit 'n lekker aand was, en ek sou graag ou Eddie se siel wou uittrek oor sy grys baard! So asof myne nie ook so lyk nie. Hopelik sal ons nie die volgende een mis nie. Groete aan almal. As julle dalk hier by George verbykom, kom loer gerus in - my huis is oop vir enige vriendelike gesig!

Cheers
Hano.

PS: Foto's aangeheg -
a) ek en Sonja in ligte luim by ons kuierplekkie in Pomena op die eiland Miljet.
b) ek voor ons getroue Spinnaker seil, wat ons vorentoe gevat het in ligte wind in die omgewing van die Ewenaar.

No comments: