Wednesday, August 27, 2008

Kontakinligting: Vanessa Dreyer (nou Faurie)

Hi Julle,

Dit was nou regtig lekker om so ver terug te gaan en almal te sien op die blog. Uitstekend van Sewis, hoor. Ek is so bly om Ansa en Jeanne en Elsabe Davel en Leatitia se besonderhede te kon kry. Ek sal definitief plan maak om julle te kontak. Ek wil beslis ook nie weer n reunie mis nie, al is dit n baba een.
My ander besonderhede is : Sel : 0844910241. Adres: Posbus 361 Fochville, 2515.
Besigheid no : 016-9877141.
EMail: veastchem@gmail.com

My storie in kort:
Ek en my man Hennie is die 2de Des 25 jaar getroud en nog steeds op "honeymoon". Ons het n drankwinkel op Lindequesdrif (naby Parys) en bly nou so 2 jaar op ons plaas naby Fochville waar Hennie sy hart uit boer. Ek maak die geld en hy weet hoe om dit te spandeer. Ek het April nog n besigheid van die plaas af begin. Ek vervaardig industriele en huishoudelike chemikalie.Die klomp goed saam kan n mens definitief uit die kwaad uit hou.
Ons seuns, Xander en Jacques is nou 22 en 18. Ek sien baie uit na die volgende reunie.
Moenie ons te lank laat wag nie. Ons gaan mekaar dan nie herken nie, jy weet mos maar as gevolg van die verweering.

Groete.
Vanessa
Hierbo 'n foto van Vanessa en haar man Hennie op die Portugese Eilande.

No comments: