Hierdie is ons Lydenburg se matrieks van 1981, se nuusblad. Alle nuwe inligting, adresse, foto's, reelings, ens. sal hier publiseer word.
Monday, September 15, 2008
Nuus: Erna Swart (nou Grobler)
Hi,
Hier is 2 fotos - 3 jaar terug. Dit was Arné se matriek-afskeid in 2005. Arné word hierdie jaar 21. Thys word nou 23 jaar en Dirkie is 16. Ek hoef seker nie my ouderdom te gee nie....
Ek weet sommer dit gaan eersteklas met julle almal.
Die wysheidlyne teken al hoe duideliker prentjies oor ons gesigte en die lyf begin hier en daar 'n bietjie traer raak....maar gelukkig nog niks erstig nie.
Ek probeer om die webblad by te hou soos wat tyd my toelaat. Dit is egter opsigself 'n uitdaging. Die ou storie...julle weet mos.....te besig!! terwyl ons in ons agterkop dikwels wonder of die lewens-'effort' die sout werd is, nie waar nie? Hoe dit ookal sy....
Ek gaan probeer om die webblad by te werk met nuwe inligting soos wat julle dit vir my gee. Ek sal hierdie bladsy "Jongste Nuusblog" eers bywerk voordat ek enige ander bladsy op die webwerf, soos Kontakinlingting, bywerk. Deur dus altyd eers hier te kom loer gaan jy die nuuste nuus kry.
Onthou, as julle enige nuus het, of van iemand iets hoor, ... laat my weet en ek plaas dit vir almal se kennisname op hierdie bladsy (ons '1981 Matrieks se NuusBlog'). En as jy dalk op die Internet rond 'surf' en op hierdie bladsy te lande kom, en ek het nie jou nuutste inligting nie...e-mail my dadelik asb. ( sewisvw@absa.co.za of sewisvw@absamail.co.za )
Die goue reel as jy 'n ou skoolmaat raakloop, is om seker te maak jy neem ten minste sy email-adres of selfoonnommer.....en jy stuur dit vir my. Dit is al manier hoe ons, ons skoolmaats gaan opspoor vir die volgende reunie. Op die manier kan ons per SMS or email met die ouens kontak maak. Vyf jaar klink nog ver maar glo my voor jy jou oë uitvee is dit sulke tyd. Kom ons probeer hierdie keer proaktief wees en probeer soveel moontlik betrek. En baie belangrik: As jy 'n nuwe selfoonnommer of e-mailadres kry....of jy trek....dan weet jy wie om eerste te laat weet....nê? Ek sal die kontakinligting van almal op hierdie webwerf bywerk en die kommunikasie doen.
Hierdie blog en ons Weblad is appart van mekaar. Jy kan hierdie 'Nuus Blog' by jou favourites voeg: http://lydenburg1981.blogspot.com. Gebruik die 'links' op die bladsy om na ons 'website' te gaan.
No comments:
Post a Comment