Monday, September 15, 2008

Nuus: Jako Viviers

Ek het Jako gevra om so bietjie te vertel wat hy deesdae doen. Jammer ek het so lank gevat om dit te publiseer Jako. Hier is dit:

***********************
Hi julle,

Ek het Stadsbeplanning op Bloem gedoen en het na my diensplig (Genieskool Kroonstad) hier begin - het saam met die baas se dogter geswem en toe hy hoor ek is 'n beplanner, my aangestel. So moes ek die "Ou Transvaal" vaarwel roep. Ek en twee Ingenieurs besit nou die maatskapy.

My Pa het op Hartbeespoort afgetree, hy het later nie meer skool gehou nie en en was bevorder tot Inspekteur, toe Streek-Inspekteur en ten laaste voorsitter van die Keurraad. Hy was later jare werksaam in Pretoria by die Departement, dit na 'n draai in Rodepoort en Potch.

My broer Pierre is in Stellenbosch en Ederich in Amerika (ons laatlam broertjie is in 2005 oorlede).

Daar het jy dit in 'n neutedop. Ek het het lief geraak vir die Vrystaat, hoewel ek darem nog steeds "ligblou" dink. Net so lief vir Kroonstad en as dit nie nodig sou word nie, sal ek graag hier wil aanbly.Ek is werklik baie gelukkig hier, die koue winters ten spyt.

Baie sterkte vir julle en wie weet, dalk sien ons binnekort van oog tot oog.

Gegroet

Jako

No comments: