Monday, November 24, 2008

Kontakbesonderhede en Nuus: Miem Coetser


Hi Julle.

Ek is so bly dat Sewis ons almal op hoogte hou. Ek het altwee ons vorige reunies bygewoon. Hoop ons het weer een in 2011. Hier is so bietjie nuus om julle so bietjie op hoogte bring van my doen en late.

My dogter Julie het die afgelope 5 jaar die wêreld vol gerits saam haar man Neil. Hulle woon tans op die Cayman eilande. ( moet kort kort 'n herricane trotseer), maar hulle geniet dit baie om daar te woon. My seun Lucas is ook met 'n Lydenburger getroud en hulle het 'n dogtertjie ryker geword. So ek is nou ouma!!!!!! Geniet dit baie. My jongste seun James is nou 17 jaar en hy jaag op vinnige motorfietse rond. Hy neem die laaste 2 jaar aan Jnr Enduro Nationals deel. Glo my hy hou my op my knieë. Ek is al 26 jaar nog steeds baie gelukkig getroud met James Beeslaar, en woon nog steeds in Ramsgate aan die Natalse Suidkus.. Ek het 'n facebook adres en sal graag met van my ou skoolvriende wil kontak maak. Hier is my adres miembeeslaar@yahoo.com
Groetnis
Miem

Kontakbesonderhede:
Miem Coetser (Beeslaar) Matriek 1981.
Adres: Posbus 978,
Uvongo,
4270.
Tel: 039 - 314 4192,
Sel 082 374 6636.

No comments: